.
Privaatheidsbeleid:
leonclemons.com Verklaring van Privaatheid
LeonClemons.Com is daartoe verbind om die privaatheid van alle gebruikers van ons webtuiste te beskerm. Dit is ons voorneme by LeonClemons.Com dat jy soveel as moontlik beheer oor jou persoonlike inligting, met inbegrip van registrasiedata, het. As deel van die normale werking van hierdie webtuiste, win ons inligting oor jou in. Hierdie Verklaring van Privaatheid beskryf die inligting wat ons oor jou inwin en wat met daardie inligting kan gebeur.
Inligting wat deur die leonclemons.com swebtuiste ingewin word
LeonClemons.Com gebruik tans persoonlike inligting as ‘n basis om gebruikers in te lig, “opt-in” e-posse te stuur, en om die bepalings van die Bepalings en Voorwaardes van Gebruik waarvolgens hierdie webtuiste bestuur (die ‘Voorwaardes’) word, te implementeer. Gebruikers se name en e-posadresse (asook enige bykomende inligting wat ‘n gebruiker mag kies om in te dien) is nie vir die publiek beskikbaar op die LeonClemons.Com webtuiste nie.
LeonClemons.Com mag opnames of ander studies van sy kliëntebasis en -gebruik doen vir bemarkings- en beplanningsdoeleindes. Wat betref inligting wat uit sodanige opnames of studies ingewin word en indien antwoorde openbaar gemaak word, sal gebruikers in kennis gestel word wanneer hulle aan die opname deelneem en LeonClemons.Com sal slegs versamelde inligting oor sy gebruikers bekendmaak en nie persoonlike inligting wat enige bepaalde individu identifiseer nie. Ondanks voorgaande, behou LeonClemons.Com die reg voor om in gevalle waar opnames gebruikers toelaat om geskrewe kommentaar in te dien, en waar LeonClemons.Com gebruikers in kennis stel van die moontlikheid van sodanige bekendmaking wanneer hulle aan die opname deelneem, om die teksinligting wat deur enige gebruiker voorsien word deur sodanige opname, te gebruik mits geen persoonlike inligting wat die gebruiker identifiseer, bekendgemaak word nie. Deelname aan sodanige opnames is die gebruiker se keuse; LeonClemons.Com doen geen verpligte opnames nie. Omstandighede waaronder LeonClemons.Com sodanige versamelde inligting openbaar bekend sal maak, sluit in, maar is nie beperk nie tot, die deel van uitslae met webtuistegebruikers en die bekendmaking van oorkoepelende gebruikersdata in persmededelings.
Cookies: LeonClemons.Com gebruik “cookies” om bepaalde inligting aan ‘n gebruiker te voorsien. ‘n “Cookie” is ‘n deel van data wat ‘n diens of webtuiste, wanneer dit deur ‘n gebruiker besoek word, na daardie gebruiker se “browser” stuur en wat dan sodanige element op die gebruiker se hardeskyf of geheue stoor. LeonClemons.Com gebruik “cookies” om ‘n beter diens te lewer aan gebruikers wat van ons dienste gebruik maak; enige “cookies” wat deur LeonClemons.Com gestuur word sal gemerk wees sodat hulle net toeganklik sal wees deur webtuistes wat aan die Verklaring van Privaatheid onderwerp is. Enige gebruiker mag kies om teen sy of haar eie koste en verantwoordelikheid, ons “cookies” van sy of haar hardeskyf af te blokkeer of uit te wis. Deur “cookies” egter uit te sluit, kan sekere eienskappe of funksies van die webtuiste nie meer behoorlik werk nie of gladnie werk nie.
Ander kennisgewing: Om die Voorwaardes van LeonClemons.Com te implementeer, mag LeonClemons.Com persoonlike inligting gebruik om gebruikers individueel te kontak.
Op geen tydstip, tensy die wet sodanige bekendmaking vereis, bekendmaking nodig is om wetstoepassing af te dwing, of ‘n gebruiker gee spesifiek toestemming vir sodanige bekendmaking, sal LeonClemons.Com ‘n individuele gebruiker se persoonlike inligting wat nie openbaar beskikbaar is nie aan onverwante derde partye bekendmaak nie.
Skakels met ander webtuistes
LeonClemons.Com kan skakels na ander webtuistes bevat, hetsy dit deur LeonClemons.Com-geaffilieerdes of onverwante derde partye besit of beheer word of nie. Neem asseblief kennis dat die privaatheidsbeleid van sodanige webtuistes kan verskil van dié van LeonClemons.Com. LeonClemons.Com is nie verantwoordelik vir die privaatheidsbeleid en -praktyke van enige gekoppelde webtuistes nie. Ons moedig gebruikers aan om die verklarings van privaatheid van enige webtuiste wat hulle besoek, te lees.
Keuse
“Opt-in” e-posse: Gebruikers kan kies (“opt-in”) om webtuistekennisgewings, nuusbriewe of ander inligting per e-pos te ontvang. Gebruikers kan hulle name ook van sodanige lyste verwyder na goeddunke. Enige e-pos wat aan ‘n “opt-in”-lys gestuur word, sal aanwysings bevat van hoe ‘n gebruiker sy of haar naam van die lys kan verwyder, of ‘n URL waar gebruikers sodanige aanwysings sal kry
Toegang
Gebruikers kan hulle data op hul persoonlike profielbladsy sien. Indien dit tegnies moontlik is, mag gebruikers hulle persoonlike inligting direk hersien deur LeonCleoms.Com Service. Indien sodanige hersienfasiliteit nie tegnies moontlik is nie, sal LeonCleoms.Com ‘n redelike poging aanwend om gebruikers te help om hul persoonlike inligting te hersien.
Sekuriteit
Om integriteit van die webtuiste te verseker, het LeonClemons.Com maatreëls in plek wat sekuriteitsoudits en die gebruik van enkripsiegereedskap en -sagteware insluit, maar nie daartoe beperk is nie, asook ander redelike sekuriteitsmaatreëls en prosedures.
Interne toegang tot gebruikers se privaat en nie-openbare persoonlike inligting is gepriviligeer en beperk tot webtuiste-administrateurs en -individue.
Toepassing
Indien LeonCleoms.Com uitvind dat die webtuiste se sekuriteit in gevaar is of indien gebruikers se nie-openbare inligting bekendgemaak word aan onverwante derde partye weens uitwendige optrede, met inbegrip van, maar nie beperk tot uitwendige sekuriteitsaanvalle, sal LeonClemons.Com alle redelike stappe neem wat nodig mag wees, met inbegrip, maar nie beperk tot interne ondersoeke en verslagdoening, en bekendmaking aan en samewerking met wetstoepassingsowerhede, nieteenstaande ander voorwaardes van hierdie Verklaring nie.
Indien LeonClemons.Com uitvind dat ‘n gebruiker se persoonlike inligting wat vir LeonClemons.Com gegee is, bekendgemaak is op ‘n wyse wat nie deur hierdie Verklaring van Privaatheid toelaatbaar is nie, sal LeonClemons.Com so gou as wat redelik moontlik is en deur die wet toegelaat word, alle redelike pogings aanwend om sodanige gebruiker in kennis te stel van die inligting wat bekendgemaak is in die mate wat LeonClemons.Com weet watter inligting dit is
Hersiening van die verklaring van privaatheid
Om die Verklaring van Privaatheid substantief te hersien, sal ons die veranderde weergawe en die datum waarop dit in werking tree hier plaas. Gelyktydig met enige substantiewe veranderings tot die Verklaring van Privaatheid, sal ons ‘n kennisgewing van veranderings aan alle gebruikers wat aan ons bekend is minstens 15 dae vooruit (of sodanige korter of langer tydperk as wat deur die wet of enige geregtelike of regeringsliggaam verplig word), e-pos.
Geen waarborge
Hoewel die Verklaring van Privaatheid LeonClemons.Com se standaarde vir die handhawing van private data uiteensit, is LeonClemons.Com nie in staat om te waarborg dat daar altyd aan die standaarde voldoen sal word nie. Daar mag faktore buite ons beheer wees wat tot bekendmaking van data kan lei. LeonClemons.Com doen gevolglik afstand van enige waarborge of voorstellings met betrekking tot handhawing van nie-bekendmaking van private inligting
Terugsendingsbeleid:
leonclemons.com Terugsendingsbeleid
Indien ‘n klant nie tevrede is met enige produk wat by leonclemons.com gekoop is nie, kan dit binne 7 dae nadat dit ontvang is, teruggestuur word vir ‘n volle terugbetaling.
Terug na bo
Kliek her om te bestel
|