Kliek op enige van die beelde om 'n vergroting te sien
Die enigste manier om die MIV/VIGS-pandemie te stuit, is om nuwe infeksies te keer!

Leonclemons.com spesialiseer ook in die voorkoming van MIV/VIGS-besemetting deur menslike gedrag. Mense sal net hulle gedrag verander as hulle gemotiveer is om dit te doen. Leon Clemons het ’n nuwe benadering om mense in alle ouderdomsgroepe te motiveer om hulle gedrag so aan te pas dat hulle hul eie geluk en gesondheid sonder MIV en ander seksueel oordraagbare infeksies sal waarborg. Sy strategie sluit sekstegnieke in wat 100% veilig is, asook selfdissipline en ’n positiewe benadering om veilige optrede te alle tye te verseker. Leon Clemons en sy pragtige jong vrou Thea leef hierdie strategie uit. Dit dra grootliks by tot hulle uitstekende gesondheid en die betowering tussen hulle. Hierdie betowering wat hulle liefde en geluk op ‘n besonder hoë vlak hou, is ’n inspirasie vir almal.

Jou personeel en kliënte kan baie baat by hierdie nuwe en doeltreffende strategie omdat dit hulle gelukkig en gesond sal hou. Leon Clemons sal jou ook wys hoe dit gebruik kan word as ’n hulpmiddel om jou maatskappy se beeld te bevorder en jou kliëntebasis te vergroot, terwyl jy ’n belangrike bydrae lewer om nuwe MIV-infeksies te stuit.

‘n Belangrike deel van hierdie benadering is Leon Clemons se boek:

Healthy Pleasures

Effective and practical strategy to stop new MIV infections

(Doeltreffende en praktiese strategie om nuwe MIV-infeksies te stuit)

Die boek Healthy Pleasures word hoog aangeskryf deur Dr T M Marshall, ‘n viroloog en hoof van ‘n omvattende MIV/vigs-sorg- en behandelingsprogram; en Dr Theresa M Rossouw, kliniese hoof van die ARV-kliniek, Pretoria Akademiese Hospitaal (Bl VII & VIII Healthy Pleasures).

Aanbevelings:

Dr T M Marshall: “Healthy Pleasures bevat praktiese strategieë wat mense kan toepas om hulle teen MIV-besmetting te beskerm. Die boek kan ’n impak hê op die gevaar wat mense loop om met MIV besmet te word. Ek sê dit om die volgende redes:

1. Die voorgestelde sekstegnieke is veilig as dit korrek toegepas word.

2. Elke gesonde mens het seksuele behoeftes wat nie altyd ontsê moet word nie. Die tegnieke wat in die boek voorgestel word, aanvaar hierdie behoeftes en stel maniere voor om dit te bevredig sonder die risiko van MIV-besmetting.

3. Die boek bevat feite oor MIV/vigs wat elke mens behoort te weet om te kan vasstel stel wat sy of haar risiko is om besmet te word en om die risiko te verminder.

4. Die hoofstuk oor seksueel oordraagbare infeksies gee bondige beskrywings van sulke infeksies en beklemtoon die toenemende gevaar van MIV-besmetting wanneer ander seksueel oordraagbare infeksies reeds teenwoordig is.

5. Dit waarsku die individu teen die gevare en skadelike uitwerking van dwelm- en alkoholmisbruik en hoe dit verband hou met gedragsveranderinge wat die risiko verhoog om met MIV besmet te word.

6. Die hoofstuk oor hoe om ’n ware man met ware mag te wees, kan mans bemagtig om die risiko van misbruikende gedrag te verminder.

7. Talle jong mense word slagoffers van MIV-besmetting en dwelmmisbruik weens probleme rondom sosiale aanvaarding, portuurgroepdruk en gebroke harte. In die hoofstuk ‘Problems of Young People: social acceptance, broken hearts, addiction’, gee Leon Clemons waardevolle raad oor hoe jongmense hierdie probleme kan hanteer.

8. Al die hoofstukke vloei saam tot ‘n omvattende, maar bondige strategie wat nuwe MIV-infeksies kan voorkom as dit korrek toegepas word.

Omdat ek die boek ‘n paar keer geredigeer het, is ek goed bekend met die inhoud van Healthy Pleasures. Die rede hoekom ek so baie tyd aan hierdie boek afgestaan het is nie net oor my obsessief-kompulsiewe geaardheid nie, maar omdat dit my grootste wens is dat MIV-infeksies moet stop.”

Dr TM Marshall MBBCh, FCPathSA (virologie) DTM&H

Programhoof: Omvattende Sorg-, Behandelings- en Bestuursprogram vir MIV/VIGS

* * * *

Dr Theresa Rossouw: “In sy boek ‘Healthy Pleasures’, gee Leon Clemons ‘n omvattende dog toeganklike oorsig oor die risikofaktore vir MIV-besmetting. Hy bespreek die vrae en behoeftes van elke mens, jonk en oud, enkel of in ‘n verhouding, en stel praktiese strategieë voor wat kan help om besmetting te voorkom. Hy bespreek spesifieke vrae rondom seksualiteit, seksuele praktyke, seksueel oordraagbare infeksies en dwelm- en alkoholmisbruik, en bied ‘n unieke kombinasie van mediese feite, persoonlike waarnemings en gevallestudies om die punte wat hy maak te illustreer.

Een van die dinge waarvan ek die meeste in die boek hou, is dat Mnr Clemons deurgaans ‘n reguit en oop benadering tot seksualiteit het en innoverende maniere om veilige en verantwoordelike seks te beoefen voorstel. Sy 12 gesonde plesiere is werklik uniek en sal mense op alle lewensterreine help om hul lewenskwaliteit te verbeter, verhoudings te versterk en besmetting met hierdie mees gevreesde infeksie te verhoed.

Dr TM Rossouw, M.Phil Kliniese Hoof ARV-klinieke, Pretoria Akademiese Hospitaal

• • • • •

Hierdie strategie

  • Bemagtig gesonde mans en vroue, seuns en meisies om ‘n bevredigende sekslewe te geniet en MIV-besmetting te verhoed

  • Verhoed ongewenste swangerskap.

  • Bemagtig mense wat MIV-positief is om ‘n bevredigende sekslewe te geniet sonder om gesonde lewensmaats te besmet

  • Bemagtig mense wat MIV-positief is om ‘n bevredigende sekslewe te geniet sonder om herbesmet te word met ander soorte MI-virusse..

  • Sluit ‘n gewaarborgde formule in om MIV-besmetting te verhoed

  • Sluit ‘n vigs-risikofaktorindeks in, wat aandui presies hoe groot die risiko in elk van die algemene seksuele praktyke is.

  • Sluit vier kreatiewe sekstegnieke in wat 100% veilig is.

  • Gee die oorsprong van MIV as ‘n infeksie by mense.

  • Dra kennis oor wat jou help om ‘n sterk positiewe benadering te ontwikkel

  • Leer mans om ware mans met ware mag te wees deur vroue met respek te behandel..

  • Leer vroue hoe om te bemin en bemin te word

  • Gee al die belangrike feite oor MIV/VIGS wat jy nodig het met inbegrip van die newe-effekte van ARV’s.

  • Gee ‘n bondige beskrywing van al die algemeenste seksueel oordraagbare infeksies en hoe hulle MIV bevorder.

  • Dui die simptome en waarskuwingstekens van dwelmmisbruik aan. Dit sal ouers en werkgewers waarsku wanneer ‘n kind of werknemer met dwelms deurmekaar raak.

  • Gee ‘n lys van organisasies wat dwelmverslaafdes help.

  • Beskryf gevaarlike situasies waar jy met MIV besmet kan word, asook situasies waarin jy aan dwelms verslaaf kan raak en hoe om sulke situasies te vermy.

  • Beskryf die valstrikke van gewaagde seks, dwelms en misdaad en hoe om dit te vermy.

  • Dui probleme aan wat jong mense raak, soos sosiale aanvaarding, gebroke harte en verslawing, en bied oplossings vir die probleme aan.

  • Wys hoe om gesond en met selfdissipline te lewe.

  • Wys die piramiede van morele krag.

  • Wys hoe mense wat MIV-positief is betekenisvolle lewens kan lei.

Kopiereg © Leon Clemons

Leon Clemons lewer ook ‘n dinamiese Power Point aanbieding.