Wanneer Leon Clemons ‘n lesing aanbied sê hy altyd vir sy studente:
“Ek is nie ‘n akademikus nie. Ek is ‘n praktiese man. Wanneer julle uit my klas stap moet julle dadelik kan toepas wat ek julle geleer het.”
Sy beste eienskap is om sy inligting op so ‘n manier aan studente oor te dra dat dit die persoonlike kennis van elke student word en hom of haar in staat stel om dit tot ‘n praktiese vaardigheid te omskep. Hy pas hierdie selfde praktiese vermoop sy boeke, klankbande en CD’s toe.
“Ek skryf elke boek so bondig en prakties as moontlik, want ek wil hê my lesers moet so spoedig moontlik die resultate ervaar.”
|
Leon Clemons en sy pragtige jong vrou, Thea, leef die strategie van Healthy Pleasures asook die tegnieke van Liefde en Geluk uit, wat grootliks bydra tot hulle uitstekende gesondheid en hul betowerende verhouding. Hierdie betowering, wat hulle liefde en geluk op ‘n besonder hoë vlak hou, is ‘n inspirasie vir almal.
Toe Leon vir Thea ontmoet het was sy nog ‘n maagd en hoewel sy oor 25 was, was Leon haar eerste liefde.
Leon het Thea liewer as wat hy nog ooit enige vrou liefgehad het. ‘n Baie belangrike rede is dat Thea ‘n maagd was toe sy Leon se nooi geword het. Hulle het besluit om dit so te hou tot hulle troue.
Tydens hulle hofmakery en hulle verlowing het hulle die sekstegnieke wat in hierdie boek bespreek word, toegepas. Die tegnieke is 100% veilig as dit korrek toegepas word. Die tegnieke het in Leon en Thea se seksuele behoeftes voorsien terwyl dit ook Thea se maagdelikheid beskerm het. Dit het terselfdertyd verhoed dat Thea swanger raak. Thea was steeds ‘n maagd toe sy met Leon getrou het.
Wanneer Leon en Thea saam is, is daar voortdurende betowering tussen hulle. Hierdie betowering is die hoogste moontlike vlak van geluk. Daar is verskeie redes hiervoor, maar ‘n paar van die belangrikstes is:
- Hulle het mekaar werklik lief en respekteer mekaar omdat Thea ‘n maagd was toe hulle romanties betrokke geraak het en Leon haar nooit gedwing het om iets te doen wat sy nie bereid was om te doen nie.
- Hulle het ‘n wilsbesluit geneem om altyd gelukkig te wees.
- Albei pas die kennis en tegnieke wat in hierdie boek beskryf word toe.
Deur toe te pas wat hulle verkondig, wil hulle ander mense inspireer om ook so te leef sodat hulle hul gesondheid beskerm deur te verhoed dat hulle besmet word met enige seksueel oordraagbare siektes of MIV/VIGS
Hulle wil veral jongmense inspireer om hulle maagdelikheid te behou tot hulle trou. Deur dit te doen sal hulle hul gesondheid beskerm en langdurige geluk verseker wanneer hulle trou.
|